STILBAAI NUUS - 'n Hoogtepunt van die dag by Stilbaai Toerisme is die voer van die varswater palings in die dammetjie by die toerismekantoor.
Daar is agt permanente inwoners, en Maandag 19 Februarie was daar nog ses wat uitgekom het.
Dinsdag was daar drie en daarna tot Vrydag niks.
Saterdag en Maandag was daar een, Dinsdag een en Woensdag 28 Februarie was daar weer een tydens die Forum se besoek.
Mariaan, bestuurder by die toerismekantoor, kon duidelik sien dat hy skrikkerig en bang is, maar hy het 'n bietjie uitgekom vir sy hoenderlewer.
Gordon O'Brien, 'n kenner op die gebied van palings is dronkgeslaan en het nie 'n antwoord nie.
Die dammetjie is ordentlik omhein en die kanse dat iets soos 'n otter hulle gevang het is nul.
Dit is ook byna onmoontlik om hulle te vang vir die pot en daar is 'n kamera by die ingang.
Cape Nature het intussen aangebied om kameras te installeer Woensdag 28 Februarie om te kyk of daar nie otters om die omheining rondloop en hulle dan bangmaak nie.
Op die oomblik is almal positief dat hierdie "verdwyning" net tydelik is en hopelik gaan die een wat nou uitkom om te eet sy maats inlig dat dit veilig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’