STILBAAI NUUS - Met die Paasnaweek iets van die verlede is Stilbaai weer rustig, maar mens mis die gedruis en vrolike vakansiegangers.
Die hawe is tjoepstil, behalwe vir die seemeeue wat geduldig wag dat die vissersbote inkom sodat hulle kan feesvier.
Die sterk wind en koue water hou egter die Stilbaai bote ook uit die water en dit is net die branderplankryers wat nou baljaar in die hoë en rowwe branders.
By die ligtoring op die hawemuur staan 'n dapper avontuurlustige die noodlot en tart terwyl die golwe hoog oor die
muur slaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’