STILBAAI NUUS - Met die oorgrote meerderheid van vakansiegangers al by die huis geniet die paar vasbyters die Goukourivier terdeë.
Van vroegoggend is die een of twee bote wat nog in Stilbaai is op die water en daar kan na hartelus geski word.
In die hawe staan 'n horde boot sleepwaens van plaaslike vissermanne.
Die natuur steek ook vandag tong uit vir die mense wat alreeds weg is.
Dit is 'n perfekte sonnige dag met 'n ligte bries en die see lê seepglad.
Dit is asof die natuur vra: "Hoekom is julle so vroeg weg?"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’