STILBAAI NUUS - Die kontrakteurs is druk besig om die braaiplekke wat in September se storms by Morrispunt in Stilbaai verwoes is te herbou.
Sewe braaiplekke het in die slag gebly en met die vakansie seisoen wat vinnig nader kom is dit 'n saak van dringendheid, want Suid-Afrikaners wil braai.
Stilbaai Sakekamer is verantwoordelik vir Morrispunt se braaiplekke en daarom het hulle 'n kontrakteur aangestel om die bouwerk klaar te maak voor die verwagte vakansie stormloop.
Besighede het die geleentheid om braaiplekke te borg en die besigheid se naam sal uiteraard op die braaiplek aangebring word.
Belangstellendes kan vir Kim Boezaart van die Sakekamer skakel by 082 824 9890.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’