Suid-Kaap Forum is in besit van inligting vanaf 'n betroubare bron in die VF+ dat hul kandidaat, Adwin Saayman wat tans onderburgemeester is, onregmatig in die stoel sit. Dr Corné Mulder (leier: VF+ Wes-Kaap) noem in 'n telefoniese gesprek dat hy niks het om weg te steek nie en is die party tans besig met 'n proses om dié kwessie aan te spreek.
"Ingevolge die VF+ Wes-Kaap se besluite is dit algemene kennis dat ons, ons proporsionele lyste na die verkiesing sou opstel. Om dit moontlik te maak, is 'n proses in plek gestel waaraan alle kandidate moes voldoen. In Hessequa se geval het die voorlopige 'caretaker'-kandidaat, Adwin Saayman egter geweier om die proses te aanvaar en eenvoudig die VF+ se setel vir homself opgeëis."
Volgens Mulder is Saayman se lidmaatskap in die party ook verlede week opgeskort.