Update
NATIONAL NEWS - Dag drie van die Preston Titus-moordverhoor het vanoggend in die rondgaande hooggeregshof begin. Die eerste getuie van die dag was die eerste polisiebeampte wat by die toneel opgedaag het.
Volgens ao Quinton May het hy en 'n kollega patrollie werk in Kerkstraat gedoen toe 'n voertuig met twee persone hulle stop en sê dat daar moeilikheid in die weermagkamp was.
Volgens sy getuienis is hulle na die huis van Preston Titus waar hy op Preston se liggaam in sy kamer tussen twee enkelbeddens afgekom het. Volgens hom kon hy nog pepersproei in die kamer ruik.
Hy het ook getuig dat Magdaleen Titus (Maggie) op daardie stadium "histeries" was en inmekaar gesak het waarna hy gesê het dat iemand haar moet dokter toe neem.
Paulton Jacobs, 'n vriend van die Titusse se oudste dogter het ook getuig.
Volgens hom het hy die dogter huis toe geneem na hulle by vriende se huis gekuier het.
Jacobs het getuig dat die dogter aan die deur geklop het en toe daar geen antwoord was nie het sy haar pa gebel waarna hulle skielik haar ma (Maggie) in die huis hoor skree het.
"Ek het by die huis in gegaan omdat ek gedink het dit kan dalk inbrekers of 'n slag wees en dit is toe ek Preston se liggaam sien."
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshooorn Courant
Natasha Stuurman en Masithembe January in die beskuldigdebank. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'