NASIONALE NUUS - Dit is nie duidelik hoe die selfies, waar die twee mekaar soen en omhels, op sosiale media beland het nie.
Die bewaarder se skouerkenteken is duidelik op die foto’s sigbaar.
Volgens die departement van korrektiewe dienste is hulle bewus van die foto’s wat die rondte doen.
“Dit is onstellend en die gedrag word geheel en al verbied. Die departement veroordeel hierdie tipe gedrag ten sterkste, ” het die departement in ‘n verklaring gesê.
Terwyl die departement met die ondersoek besig was, is daar van die bewaarder se selfdood verneem.