Deur die jare is vele klagtes aan hospitale en die departement gerig met beloftes dat “dit ondersoek sal word.” Daar is egter in die meeste gevalle nie antwoorde aan die families verskaf nie en is dit vir hulle tot vandag toe nog moeilik om berusting te kry.
Net in die laaste paar weke en dae is skokkende verhale vertel.
In die week van 27 Februarie berig die Observer van leraarsvrou, me. Antionette Swanepoel (29), wat etlike maande vantevore by die dood omgedraai het omdat sy vir sowat ‘n week in die Middelburg Hospitaal behandel is vir ‘n sist op haar eierstok, maar haar blindederm eintlik gebars het.