Die oorledene was 'n senior personeellid van die Metro Nooddienste, mnr. Lourens Brits. Hy was op George gestasioneer.
Volgens luitenant kolonel Johan Braaff, die stasiekommissaris van die KwaNonqaba-polisie, blyk dit dat die bestuurder van die Metro-bakkie van agter met 'n stadigbewegende swaar voertuig gebots het wat links van die geel sperstreep gery het.
"Die bestuurder van die vragmotor was van voornemens om stil te hou omdat hy probleme met die voertuig ondervind het," het Braaff bevestig.
Die insittende was, sover bekend, op slag dood.