Hy sê om te voorkom dat die ergste gebeur, het die vakbond ‘n tienpuntplan in werking gestel.
Die plan behels kort-, medium- en langtermynaksies, wat in die volgende paar weke verfyn sal word.
Buys sê die aksieplan het noodsaaklik geword weens die beskadiging van Afrikaner-erfenisse die afgelope twee weke.
“Ons plan staan op twee bene. Die eerste is om druk op die staat te plaas om sy verantwoordelikheid in erfenisbewaring na te kom. Ten tweede, wil ons die Afrikanergemeenskappe mobiliseer om verantwoordelikheid vir sy eie erfenisse te neem.”