LADSIMITH NUUS - Twee mans, beide 35 jaar oud, het vandag (Woensdag 14 Maart) in die Ladismith-landdroshof verskyn na hulle Dinsdag in die vroeë oggendure in Ladismith met 67 bokse gedroogte perlemoen gevang is.
Volgens kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die sigbare polisieëringseenheid van Ladismith inligting oor moontlike dwelmhandel opgevolg.
Volgens Pojie het die polisielede 'n verdagte voertuig met 'n Gautengse registrasienommer gewaar en die voertuig afgetrek.
Die drie ton vragmotor was na bewering na Port Elizabeth onderweg.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'