Die byeenkoms was gehou op die gronde van Zone 7 net buite Durbanville. Die byeenkoms was in perfekte weerstoestande afgehandel. Dit was 'n baie tegniese baan, en punte was baie skaars...die baan was so erg dat na vyf hindernisse het die voorloper in Klas BM, die mees toeskouer vriendelike klas, op net 40 punte uit 'n moontlike 300 punte geëindig.
Christie de Kock, wat in Klas BM deelgeneem het, het vertel dat die uitleg van so graad was dat daar party plekke tot drie keer agteruitgery moes word om so om 'n draai te kom. Vir elke terugstoot verloor hulle 10 punte in die hindernis. Twee hindernisse was nie gery nie.
In die super gemodifiseerde klas, Klas A, het Klaus Lutzeler weer skoonskip gemaak in sy bekende Nissan V6 pypkar. Hy het 'n hele 120 punte losgery uit 'n moontlike 480 punte.
In die gemodifiseerde klas, Klas BM, was twee karre ingeskryf van die SWD klub. Hier was Christie de Kock en Koos la Grange die beste geplaas in hulle bekende rooi "Ooo Bloed!!!" Jeep. De Kock het 150 punte losgery uit 'n moontlike 480. Hulle het 'n puik derde plek behaal.
Die ander SWD deelnemer was niemand anders as Gert Maree in sy oranje Jeep. Sy mede- bestuurder was die bekende Johan Myburgh, wat 4x4 entoesiaste sal onthou wat so paar jaar gelede eers deelgeneem het in bekende gekamoefleerde Jeep "Comander" en toe tot sowat drie jaar gelede in die Monster Energy Drinks Jeep deelgeneem het. Hy het toegelaat dat die gogga hom weer byt en het besluit om die warmsitplek in te neem. Sy terugkeer was rampspoedig toe Maree die Jeep in hindernis nege uit die byeenkoms rol.
In Klas B, voertuie met bladvere, was ook twee SWD karre ingeskryf. Hier het Bertie Roux en James Moulder 'n puik derde plek in hulle Range Rover behaal. Hulle het 150 punte uit 480 behaal. André en Cyla du Plessis, pa en dogter kombinasie, het 'n skitterende vierde plek behaal. Hy het 130 punte uit 480 behaal.
Die "Rollover of the day" trofee het ook na die SWD 4X4 klub toe gekom met Gert Maree en Johann Myburgh se rol. Die volgende byeenkoms waar die SWD 4X4 klub se lede in aksie gaan wees is op 6de April in Groot-Brakrivier.

Die begin van die einde van Gert Maree. Hier rol hulle uit die byeenkoms.

Christie de Kock en Koos la Grange was weereens `n faktor in hulle klas met hulle bekende Jeep.