STILBAAI NUUS - Toe Nicky, proelokaalbestuurder van Kasselshoop en Pieter Franklin Saterdag 7 April op Riversdal getroud is, het hulle 'n baie besonderse troukar gehad.
Die tweedeur 1966 Volkswagen Notchback het aan Kassie Kasselman, eienaar van Kasselshoop se ouma, San Kasselman, behoort en is deur Francois Kasselman (Kassie se pa, Johannes se neef) van Droëvlakte by Stilbaai gerestoureer.
Dié motortjie is al vir meer as 'n halfeeu in die Kasselman-familie.
'n Hondjie waarvan die koppie aanhoudend knik, is in die agterruit van dié roomkleurige motortjie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'