HEIDELBERG NUUSFLITS - Die personeel van Grootvadersbosch Natuurreservaat het nie slegs hul harte teenoor minderbevoorregte leerders oopgemaak nie, maar ook hul beursies.
Met die snerpende koue wat die streek die afgelope paar weke ondervind, het die personeel, onder leiding van die bestuurder, Ian Allen dit goedgedink om skoene, kouse, politoer en borsels aan 20 leerders, asook skryfbehoeftes aan 40 leerders van De Waalville Primêre skool te skenk.
Volgens Allen is al die personeel, buiten een, oud-leerders van die skool en voel hulle dat hul aan hul alma mater moet terugploeg, al het hulself dit nie baie breed nie. Hy het bygevoeg dat die skenking gelykstaande aan 15 dae se salaris is van elke werker.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'