ALBERTINIA NUUS - Onderhoudswerk op die Gouritsrivierbrug op die N2 tussen Albertinia en Mosselbaai het die sluiting van een rylaan vroeër vandeesweek genoodsaak.
Die padskouer is steeds van 04:00 op 18 September tot Vrydag 27 September gesluit.
Motoriste word gewaarsku om by die laer spoedbeperking te hou en ter wille van hul eie, ander motoriste en konstruksiewerkers se veiligheid op waarskuwingstekens ag te slaan.
Verkeer is Dinsdag 17 September vanaf 15:00 tot 16:00 en weer vanaf 22:00 tot 04:00 Woensdag deur 'n stop/rypunt beheer.
Volgens Randall Cable van SANRAL sal die werk so gou moontlik afgehandel word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'