RIVERSDAL NUUS - Matrikulante van 2019 word genooi om aansoek te doen by die SA Weermag vir opleiding en het 'n keuse van drie afdelings, naamlik die SA Lugmag, SA Vloot en SA Militêre Gesondheidsdienste.
Volgens ao Hans Busch van Riversdal-polisie, wat ook betrokke by die werwing vir bogenoemde is, is daar nie in die stadium 'n inname van 2020 se matrikulante nie.
"Daar is ook sekere vereistes waaraan die aansoekers moet voldoen alvorens hulle in ag geneem sal word as geskikte kandidate," het hy verduidelik.
Vereistes sluit in dat hulle 'n Suid-Afrikaanse burger moet wees, verkieslik enkellopend moet wees, nie streeksgebonde is nie en natuurlik nie 'n kriminele rekord het nie. "Die sluitingsdatum is reeds 30 Julie, dus moet aansoekers spring indien hulle belangstel," waarsku Busch.
Aansoekvorms is by die plaaslike polisiestasie by ao Hans Busch of sers Christiaan Jansen beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'