STILBAAI NUUS - Heelwat vakansiegangers benut die heerlike weer in Stilbaai en gaan see toe met bote, kajakke en branderplanke.
Alhoewel die see kalm voorkom kan die branders by die hawemuur jou onkant vang en as jy net 'n bietjie huiwer of jy kom met die verkeerde hoek in met jou kajak gaan jy verseker in die water beland.
Gesoute roeiers het hulle al by hierdie hawemuur misgis en moes terugswem, met die kajak op sleeptou, totdat hulle kon uitstap.
'n Groepie vriende het Saterdag 29 Maart met kajakke die see aangedurf, maar met die terugkom het 'n hele paar vir benoude oomblikke gesorg toe die witwater hulle omgedop het.
Die uitbundige vreugde van die wat dit wel gemaak het, het egter opgemaak vir die teleurstellings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’