STILBAAI NUUS - Wapenstilstanddag word jaarliks op die naaste Sondag aan 11 November in Suid-Afrika gevier.
Op hierdie dag word kranse gelê ter ere van al die soldate wat in die twee Wêreldoorloë, en alle oorloë daarna, gesterf het.
Franse, Britse en Duitse beamptes het op 11 November 1918 om 11-uur ooreengekom om alle vyandelikhede te staak en dit het die Eerste Wêreldoorlog beëindig.
Hierdie jaar het die Stilbaai Militêre Veterane kranse gelê op Sondag 10 November en verteenwoordigers van 17 organisasies het kranse gelê by die plegtigheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’