STILBAAI NUUS - Die atlete van Stilbaai en Melkhoutfontein het met hulle atletiek prestasies geskitter in Oudtshoorn tydens die Eden Atletiekkampioenskappe.
Angenay Michaels van Melkhoutfontein Primêr en vier atlete van Laerskool Bertie Barnard, Janco van Zyl, Walter Krumm, HJ van Zyl en Esias Kleynhans is opgeneem in die ASWD atletiekspan wat Saterdag 8 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl gaan deelneem.
Daar sal hulle teen die room van primêre skool atlete in die Wes-Kaap meeding om plek in die span wat later vanjaar na die SA Kampioenskappe gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’