STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit het 'n waarskuwing uitgereik dat die afvuur van Chinese lanterns en vuurwerke verbode is in die munisipale area.
Dit is 'n groot brandrisiko en plaaslike wetstoepassers sowel as die polisie sal dit noukeurig polisieer.
Ingevolge Hessequa Munisipaliteit se vuurwerke verordening kan skuldiges met 'n boete van eenduisend rand beboet word.
Skakel die munisipaliteit se 24-uur noodnommer 028 713 2222 of 084 014 1828 om brande in die Hessequa area aan te meld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’