STILBAAI NUUS - Dit is ongelooflik hoe vinnig rommel langs die paaie in 'n dorp kan ophoop.
Die Coastal Cleanup groep in Stilbaai, onder leiding van Clifton Donald, is egter soos rysmiere en is oral te sien waar hulle rommel optel.
Baiekeer sal inwoners net opstaan en besluit vandag gaan ek rommel optel.
Ander dae soos Vrydag 7 Maart is dit egter 'n georganiseerde poging van die Coastal Cleanup groep en hulle het die Preekstoel pad geteiken.
Daar was letterlik sakke vol leë drankbottels tussen die rommel en dit is moeilik om te dink dat daar mense is wat net eenvoudig die leë bottel weggooi daar waar hy leeg raak.
Dankie Coastal Cleanup se vrywilligers vir wat julle doen om Stilbaai skoon te hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’