STILBAAI NUUS - Sewe vriendinne van Bothaville in die Vrystaat het besluit om die skoonheid van die kus tussen Stilbaai en Malgas te voet te verken.
Hulle het Sondagoggend, 21 September, uit Stilbaai weggespring en gaan in vyf dae stap tot by hulle eindpunt, Malgas.
Natuurlik moes hulle eers by Stilbaai-hawe stop vir 'n koffie by Miek se Res Du Randt, wat al vroegmôre gereed staan met koffie en pannekoek.
Die sewe sê dat hulle stap omdat hulle kan, om kop skoon te maak en sommer om vriendskapsbande te verstewig en waar beter as die Suid-Kaapse kus.
Hulle kon natuurlik nie uitgepraat raak oor hoe mooi en skoon Stilbaai is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’