HEIDELBERG NUUS - Die Heidelberg-polisie se vrouenetwerk, in samewerking met hul manlike eweknieë ‘Men for Change,’ en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op Sondag 9 Junie 'n spogtee in die plaaslike stadsaal aangebied.
Die Tema was, Walk in my Shoes.
Die kleurvolle geleentheid was om bewusmaking oor gesinsgeweld, geslagsgeweld asook die LGBTQ-gemeenskap aan te wakker. Benewens plaaslike gaste, het inwoners van Slangrivier, Riversdal en Mosselbaai die verrigtinge bygewoon.
Die twee hoofsprekers was Berrnelee Wonderlik en Johanna du Preez, onderskeidelik van Mosselbaai en Riversdal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’