STILBAAI NUUS - Augustus is die maand van die vrou en hierdie jaar val Vrouedag op Saterdag 9 Augustus.
Die personeel van Stilbaai-biblioteek het dus besluit om hulle Vrouedagvieringe op Vrydag 8 Augustus te hou. Verrigtinge begin 10:00.
Ruzaan de Jager gaan 'n paar hartswoorde met almal deel en dit is werklik iets om na uit te sien.
Dit gaan 'n oggend van bemoediging en vieringe wees, waar vroue vir 'n tydjie net kan vergeet van alles wat nog gedoen moet word en mekaar se geselskap geniet.
Laat weet Miché by miche@hessequa.gov.za of jy gaan bywoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’