SLANGRIVIER NUUS - Die gemeenskaplike interkerklike vrouemaandvieringe het Vrydag 30 Augustus op 'n hoë noot met 'n nagtelike gebedsessie by die ingange na Slangrivier afgesluit.
Saterdagoggend het 'n groot groep vroue op strategiese punte kettinggebede gehou om hul kommer oor die verval in gemeenskappe uit te spreek. Volgens Christel Cloete, die koördineerder, is die vroue vasbeslote om voort te gaan met hierdie aksies omdat hulle glo gebed kan die situasie in die gemeenskappe verander.
"Ons gaan saamstaan en weer die praktyk van 'jou kind is my kind' in werking stel om ons gemeenskappe te genees."
Vroue gaan ook die plaaslike skool 'aanneem' en gereelde gebedsaksies loods om die morele verval van veral jeugdiges om te keer.
"Die vroue is trots op hul dorp en gemeenskap en wil 'n daadwerklike verskil maak om weer die ou waardes terug te bring."
Vroue bid op strategiese plekke in Slangrivier. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'