RIVERSDAL NUUS - 'n 24-jarige vrou van Riversdal is in hegtenis geneem na sy na bewering haar stiefpa met 'n mes doodgesteek het.
Volgens luitenant kolonel Delicia Isaacs, bevelvoerder van Riversdal-polisiekantoor, het die voorval gisteraand (Saterdag 25 Mei) net na 21:00 in Vetterivierrylaan gebeur.
Die vrou kom môre (Maandag 27 Mei) in die landdroshof voor.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'