RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Voortrekkers het Maandag 15 September, ’n leerervaring van formaat beleef toe hulle onder leiding van offisiere Anja Louw en Mar-lené Barnard ’n besoek aan Marlize Kasselman by Riversdal-kwekery gebring ter herdenking van Boomplantmaand.
Sowat 16 Otters het aan die uitstappie deelgeneem.
Kasselman het die jong Voortrekkers aan die kankerbossie en verskeie ander interessante plante uit die omgewing bekendgestel.
As deel van die dag se aktiwiteite het elkeen ’n blomplantjie in ’n potjie geplant om huis toe te neem en self verder te versorg - ’n praktiese herinnering aan die waarde van ons plaaslike plantlewe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’