STILBAAI NUUS - As die wind waai in Stilbaai kan jy maar altyd tot by die riviermond gaan om die behendige vlieërbranderryers dop te hou.
Hulle blits heen en weer met hulle veelkleurige vlieërs, soms teen 'n hoë spoed.
Die meer ervare branderryers sal selfs 'n paar spronge waag en sommiges gaan nogal hoog.
Nou onlangs het 'n groepie Nederlanders, onder hulle 'n dubbele wêreldkampioen, Stilbaai besoek en dit was 'n fees om te aanskou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’