STILBAAI NUUS - Cape Nature en 10 vrywilligers vanuit Stilbaai het Woensdagoggend 18 Desember ingespring om die visvywer mure by Skulpiesbaai weer bietjie reg te pak.
Volgens Jean Du Plessis van Cape Nature moet dit so vierkeer per jaar gedoen word aangesien storms en woeste branders van die mure beskadig en as dit nie aandag kry nie sal dit so vervalle raak dat dit moeilik herstel sal kan word.
Volgens hom is die ou kenners van die visvywers besig om uit te sterf en hulle hoop dat die jonger mense van Stilbaai genoeg sal belangstel om te kan voortgaan met die vywers en ook om dan die kennis oor te dra aan die jonger geslag.
Die Skulpiesbaai visvywers is 'n Nasionale Erfenis Gebied en is al sowat 3 000 jaar oud.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’