HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie in Heidelberg doen ’n dringende beroep op alle inwoners om op die uitkyk te wees vir vernielsugtiges wat veral plaaspaaie in die distrik bemors en met allerhande vullis en ander voorwerpe.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, word die plaaspad by Diepkloof gereeld met vullis en boomtakke versper.
Volgens Hendricks kan dit tot groot skade vir motoriste ly wat weens die versperrings ongelukke maak en dit kan ook tot lewensverlies lei.
Sy sê dat daar streng opgetree sal word teen diegene wat hulle aan die soort optrede skuldig maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’