STILBAAI NUUS - Seker een van die belangrikste verkiesings sedert 1994 het vanoggend 27 Mei 2024 afgeskop met die uitbring van spesiale stemme.
By Huis Stilbaai het 65 ouer mense geregistreer om te stem en teen middagete het 38 alreeds hulle stemme uitgebring.
Die mense het in 'n ry buite die eetsaal gesit en wou nie eers opstaan om hulle kos te gaan haal nie, want dan gaan hulle, hulle plekke verloor in die ry.
Hierdie groep ouer mense is voorwaar 'n voorbeeld vir almal wat Woensdag veronderstel is om hulle kruisie te gaan trek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’