HESSEQUA NUUSFLITS - Die Outomobiel Assosiasie (AA) voorspel dat motoriste kan verwag om aansienlik meer vir brandstof te betaal in September.
Dit volg nadat brandstofpryse reeds in Augustus gestyg het en word toegeskryf aan die geleidelike verswakking van die rand.
Die vooruitskatting is dat petrol met 63 sent per liter duurder gaan wees. Diesel sal met 57 sent per liter styg en na verwagting sal lampolie se prys met 58 sent styg.
Die verhoogde pryse sal op 6 September in werking tree.
Lees meer hieroor in die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'