VERMAAKLIKHEID NUUS - 'n Vyfjarige seun het gister, Sondag 12 Desember in die rivier op Skoolkop, Vermaaklikheid verdrink.
Sy 18-jarige stiefpa wat saam met hom was, het vermoedelik ook verdrink, maar sy liggaam is nog nie gevind nie.
Die twee het volgens die familie teen 14:10 gaan swem, maar toe hulle teen 18:00 agterkom dat hulle nog nie terug is nie, het hulle ondersoek gaan instel.
Die persoon wat hulle gaan soek het, het hulle klere op die rivierwal gekry. Riversdal-polisie, asook polisieduikers en ander rolspelers is in kennis gestel, wat die vyfarige kind se liggaam teen 20:15 gevind het. Die 18-jarige se liggaam is nog nie gevind nie.
Volgens sers Christiaan Jansen, plaaslike polisiekommunikasiebeampte is die polisieduikers steeds vanoggend besig om hom te probeer vind.
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'