STILBAAI NUUS - Terwyl die meeste van Stilbaai nog slaap op hierdie Sondagoggend, 20 Oktober, is daar lewe by die hawe in Stilbaai.
Van vroegoggend af gaan die hoopvolles see toe, want vandag gaan die kabeljou byt.
Johan Krog en sy vriende, met sy boot Catrina 2, in die hawe bekend as die pensioner's boot, is ook vroeg-vroeg op die water om daai kabeljoue vas te vat.
Hoe vroeër hoe beter, want die wind kom later op.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’