RIVERSDAL NUUS - Jade Marx en Ané Otto van Hoërskool Langenhoven het van 2 tot 5 April aan die SA Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.
Hulle het beide uitstekend in die 5000m stapitem vir dogters o. 15 presteer.
Jade het die silwermedalje in hierdie item losgestap en Ané het vyfde plek behaal.
Dit is voorwaar uistaande prestasies en die skool is baie trots op hierdie twee Dasse!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’