HESSEQUA NUUS - Twee persone wat in ‘n voertuig was wat naby Resiesbaan op die N2 tussen Riversdal en Albertinia van die pad af is en op die sykant beland het, is slegs lig beseer.
Die voorval het vanmiddag (Dinsdag, 9 Maart) ongeveer 15:00 plaasgevind.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, het die persone uit die motor gespring voor dit omgeval het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'