ALBERTINIA NUUS - Een verdagte is in hegtenis geneem na die moord Dinsdagaand, 18 Januarie op Bongani Sithetho (37) in Grootfonteinstraat, Albertinia.
Dit is volgens kaptein Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisiestasie.
"Die oorledene het vir twee mans probeer weghardloop en het in 'n erf in Grootfonteinstraat ingehardloop. Hulle het hom egter ingehaal en na die straat toe gesleep," verduidelik sy. Die voorval het om ongeveer 20:25 gebeur.
Een van die verdagtes het Sithetho met 'n skokstok geskok en die ander het hom in sy rug en aan die linkerkant van sy nek gesteek. Hy is op die toneel dood.
• 'n Vyf-en-dertigjarige man van Kwanukuthula net buite Riversdal is Saterdag, 15 Januarie dood na hy met 'n skerp voorwerp in sy bors gesteek is. Sy saamleefmaat (22) is vir die voorval in hegtenis geneem.
Sy het Maandag, 17 Januarie in Riversdal-landdroshof op aanklag van moord verskyn en is op R1 000 borgtog vrygelaat.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'