RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Sleeping Beauty Beast Challenge het die afgelope naweek nie net deelnemers na die berge gelok nie, maar ook meer as R3 000 vir die opgradering van die historiese tolhuis ingesamel.
Volgens die organiseerders is 'n totaal van R3 170,15 ingesamel, hoofsaaklik deur die verkope van sokkies.
"Ons is dankbaar vir elke persoon wat bygedra het.
Die geld gaan aangewend word om die tolhuis verder op te knap en reg te maak," sê Anja Louw.
In totaal het 91 mense die uitdagende roete aangepak, waarvan 11 dit selfs meer as een keer voltooi het.
'n Groot groep nuwelinge het ook vanjaar deelgeneem, terwyl die ervare Piet Diedericks steeds sy merkwaardige rekord uitbrei - hy het reeds die roete 142 keer gestap.
Wenners:
Lodelia Kombrink 4 rondtes 10:03
Jurg Streicher 4 rondtes 11:32
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’