RIVERSDAL NUUS - Met die ontwikkeling van die derde vlaag van die Covid 19-pandemie en die toenemende positiewe gevalle in die Hessequa-streek word toegang tot Riversdal se Droom-tehuise streng beheer.
Die tehuise Ou Meule en Jan Lange se inwoners bly ingeperk en mag slegs besoekers met ‘n afspraak ontvang.
Besoektye:
10:00 tot 12:00; 15:00 tot 16:00 en 17:00 tot 17:30.
Bedlêende inwoners mag nie besoekers ontvang nie.
Die woonstel-inwoners mag ook nie by die bejaardes in Ou Meule besoek aflê nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'