ALBERTINIA NUUS - Die spitsvondige tannie Dorothy Johnson van Albertinia het Vrydag 22 Augustus 100 jaar oud geword.
Sy is op 22 Augustus 1925 in Koffiefontein, in die Vrystaat, gebore en het grootgeword in Beaufort-Wes.
Tannie Dorothy is deur twee Wêreldoorloë, het 'n tyd lank in die ou Rhodesië gewoon en is sedert 2016 'n inwoner van die Albertinia-versorgingsoord.
Sy het vier kinders, waarvan die jongste, 'n seun, ook in Albertinia woon. Die oudste dogter, Denise, woon in Ladismith op 'n plaas en Lynette en Colleen woon in Engeland.
Die kinders en die versorgingsoord het vir haar 'n lekker partytjie gehou, met al die inwoners en haar kinders teenwoordig.
Grant Riddles, burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, het ook die verrigtinge bygewoon en 'n spesiale sertifikaat aan tannie Dorothy oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’