HESSEQUA NUUS - Hessequa se stortingsterreine het nie ’n goue sterretjie gekry toe AfriForum onlangs sy jaarlikse vullisterrein-ouditverslag bekend gestel het nie, maar by navraag blyk dit dat die streek se agt terreine tog aan al die vereistes voldoen.
Die stortingsterrein by Riversdal en Heidelberg mag besigheids- en huishoudelike vullis hanteer, terwyl slegs tuinvullis en bourommel by die ander gestort mag word.
By al die terreine buiten Slangrivier, Witsand en Jongensfontein is voltydse hekwagte. As deel van hul pligte moet hulle soms vir mense gaan wys waar om sekere soorte vullis af te laai, en dan is hulle vir ’n wyle nie by die hek nie – soos tydens Suid-Kaap Forum se besoek.
Inwoners word versoek om te herwin en vir die doel word deurskynende sakke gratis verskaf en verwyder.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'