Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die ACVV Riversdal het Maandag, 29 November vanaf Riverville-stadion na die ouditorium beweeg vir bewusmaking om gesinsgeweld te stop en hoe dit kinders affekteer.
Dit was deel van die jaarlikse 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders.
"Ons het 'n pledge aan die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles oorhandig as deel van die verrigtinge.
"Hy het ons ook kortliks toegespreek oor die belangrikheid van die gemeenskap se betrokkenheid om hierdie euwel uit te roei," het Junique Rhode van die ACVV gesê.
Al die plaaslike nooddienste was betrokke, soos onder meer die brandweer, verkeer, brandweer, asook personeel van Riversdal-hospitaal, Working on Fire, Goukam Health, Droom, GPF, ACVV en die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'