STILBAAI NUUS - Ten spyte van die wind het 12 besigheidsvroue van Stilbaai die geleentheid aangegryp om hulle ware te koop aan te bied by die markdag agter Die Dorpsplein in Stilbaai.
Stilbaai Women in Business hou jaarliks hierdie markdag om hulle verrigtinge af te sluit en hierdie jaar was daar 'n wye verskeidenheid produkte tussen die twaalf stalletjies.
Ursula van Huyssteen, dryfveer agter die organisasie, sê Stilbaai Women in Business is daar vir enige dame wat in besigheid wil gaan, eenmansake en selfs die groter gevestigde besighede in Stilbaai.
Dames wat belangstel kan Ursula van Huyssteen kontak by 084 503 8481.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’