STILBAAI NUUS - Dit gons weer op sosiale media oor die swart vullissakke wat veral na 'n naweek uitgesit word en vir 'n dag of wat voor die huise staan.
Die probleem is dat die munisipaliteit 'n spesifieke program het waarvolgens vullissakke verwyder word en naweekgangers los die sakke op die sypaadjies wanneer hulle huiswaarts keer.
Die bosslapers kry hierdie sakke in die hande, keer die inhoud uit op soek na iets wat hulle kan gebruik en los die gemors dan net daar.
Iewers moet iemand met 'n briljante idee sit om hierdie probleem hok te slaan en die gemeenskap word aangemoedig om hulle idees deur te gee aan die munisipaliteit.
Inwoners moet ook saamwerk en nie hulle swart vullissakke al die vorige aand uitsit nie, maar wel eers die oggend wanneer dit hulle beurt is vir vullisverwydering.
Saam kan Stilbaai 'n verskil maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’