STILBAAI NUUS - Die 16 dae van aktivisme van geweld teen vrouens en kinders het Donderdagaand, 25 November op Stilbaai met 'n optog in Melkhoutfontein begin.
Verskeie groepe, lede van die gemeenskap en ook geestelike leiers van verskillende kerke het deelgeneem, waartydens geweld teen vroue en kinders sterk aangespreek is.
Stilbaai-polisie, in samewerking met 'n bekende plaaslike kunstenaar, Sonja Margerison en haar span het al die inligting van organisasies wat teen geweld teen vroue en kinders veg, op die muur van die sportgronde in die vorm van pragtige muurskilderye te verf.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'