STILBAAI NUUS - Nadat die munisipaliteit verskeie versoeke gerig het aan honde eienaars om hulle diere op .n leiband te hou as hulle op die strand stap en dit op dowe ore geval het moes drastiese stappe geneem word.
Die munisipaliteit het 'n honde inspekteur aangestel om die probleem hok te slaan en daar was onmiddellik resultate.
Hierdie spesifieke inspekteur, mnr See Meeu, vlieg daagliks oor al die strande, verdien geen salaris nie en hoef ook nie kos gegee te word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’