STILBAAI NUUS - Die immergewilde winterkonsert van die Stilbaai Sangers vind vanjaar op 30 Mei in die Gereformeerde Kerk plaas en dit beloof om weer 'n skouspel te wees.
Die Stilbaai Sangers bestaan uit 'n mannekoor, 'n dameskoor, bekend as die Disas, en die Seisoene Sangers, wat mans en dames is.
Tussen hulle is daar ook kleiner groepies, duette en selfs solo nommers om die aand op te vrolik.
Die Stilbaai Sangers het hulself al oor en oor bewys en dit is 'n konsert wat jy beslis nie mag mis nie.
Dit begin 18:00 vir 18:30, maar daar is alreeds vanaf 17:30 kerrie en rys te koop.
Gaan geniet 'n aand wat jou hart gaan verwarm met koorsang en musiek.
Al die wins wat hulle maak gaan vir liefdadigheid.
Kaartjies is by die deur beskikbaar, gaan vroeg om teleurstelling te voorkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’