STILBAAI NUUS - Stilbaai Women in Business is 'n klompie jare gelede gevestig met die doel om vroue in besigheid - en selfs die wat in besigheid wil gaan - te bemagtig.
Hulle kom elke tweede Dinsdag van 08:00 tot 09:00 by Wafels en Dinges op die Dorpsplein bymekaar waar daar gewoonlik tussen 10 en 20 dames opdaag om 'n voorafbepaalde onderwerp te bespreek.
Die bespreking kan gelei word deur 'n geleentheidspreker of Ursula van Huyssteen, die huidige dryfveer agter die organisasie.
Die oggend begin met "Dertig Sekondes" waar elke dame teenwoordig presies dertig sekondes kry om haar besigheid aan die res van die dames te bemark.
Daarna volg die bespreking en indien tyd toelaat sal hulle 'n vrae- en antwoordsessie hê.
Die hele idee is om mentorskap te bied en om enersdenkende dames bymekaar te bring om 'n positiewe impak in die gemeenskap te maak.
Hulle het ook ten doel om leierskap en vaardighede, spesifiek in besigheid, te ontwikkel.
Dames wat belangstel kan Ursula van Huyssteen kontak by 084 503 8481.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’