STILBAAI NUUS - Die pragtige ses- en twee- en 'n halfkilometer roetes het langs die Goukourivier, strandlangs deur die hawe en met 'n bospaadjie langs gekronkel tot weer by die amfiteater.
'n Koplampie was verpligtend, maar sommige deelnemers het dit opgekikker met veelkleurige lampies en snaakse uitrustings.
Te oordeel aan die gelag en gesels op die roete het almal dit terdeë geniet, niemand het verdwaal nie en daar was ook geen ernstige beserings nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’