STILBAAI NUUS - Stilbaai se strande het almal blouvlagstatus en dit is dus veilig om daar te swem.
Swemmers moet egter versigtig wees vir sleurstrome en swem maar in die gebied wat afgebaken is deur die lewensredders.
Branderplankryers se gunsteling plek is oppad Morrispunt toe, maar daar is ook heelwat wat die kalmer waters aandurf voor die visvywers by die hawe.
Die Goukourivier beskik oor meer beskutte gebiede, veral as die wind bietjie waai en dit is ook veilig om daar te swem.
'n Gunsteling tydverdryf is om van die amffiteater af tot by die mond te dryf as die gety uitgaan. As die gety inkom is dit net andersom en jy dryf van die mond tot by die amfiteater.
Hengelaars het 'n wye keuse, van die Goukourivier wat vir omtrent 11 kilometer nog sout is, tot Preekstoel, Lappiesbaai en Morrispunt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’